BoltRead

Trekkerswee / Met tekeninge van J.H. Pierneef

by Totius

af · ~50 min at 250 WPM

Verlore-klein op die Rand woon oom Gert, 'n trekker, met sy vrou en enigste dogter Dina. Wanneer die kolonis oom Koos naby grond koop, raak sy seun Willem op Dina verlief, en ná die Perdekraal-fees trou die twee. Die tweede versereeks teken die ontdekking van die goudvelde en die opkoms van Johannesburg, maar ook die verleiding waaraan die jong egpaar blootgestel word en waarvoor hulle beswyk. Teen die agtergrond van die Anglo-Boereoorlog en die wording van die Unie loop die verhaal uit op die treurige einde van oom Gert en Dina.

Hierdie bekroonde gedig — wins van die S.A. Akademie se eerste letterkundige prys in 1915 — is veel meer as 'n eenvoudige familieverhaal. Dit besing die trekkerslewe en die stil skoonheid van die hoëveld, maar treur terselfdertyd oor die verlies wat goud, oorlog en die stad oor 'n eenvoudige volk bring. Pierneef se tekeninge versterk hierdie elegie van ontwrigting en verganklikheid.

Read this book

How it begins

Die versies verplaas ons bo-op die Rand, ongeveer waar Johannesburg nou lê. Daar het oom Gert, 'n trekker, met vrou en enigste dogter, gaan woon. Later kom oom Koos, 'n kolonis, wat in die nabyheid grond gekoop het. Sy seun Willem raak verlief op Dina, oom Gert se dogter. Nadat die twee families saam Perdekraal-fees gevier het, gaan Willem en Dina trou. Die tweede versereeks beskrywe die ontdekking van die goudvelde en die opkoms van Johannesburg, maar ook die verleiding waaraan Willem en Dina, wat by oom Gert inwoon, blootgestel is en waarvoor hulle beswyk. Die tweede stuk eindig dan met die groot Boer-Britse oorlog. Die derde versereeks verplaas ons in die tyd toe die Unie tot stand gekom het, en beskryf die treurige einde van oom Gert en Dina. Dis die simpele storie waarop die hele gedig gebou is. Ons kan hier nog byvoeg dat die S.A. Akademie, deur die vrygewigheid van genl. Hertzog, in staat gestel is om jaarliks 'n milde geldprys vir letterkundige werke uit te loof. Die prys vir 1915 is aan hierdie gedig toegeken. Verlore-klein lê op die Rand / hul huisie in die trekkersland. Silwer Strale I Dis heuwels, heuwels, heuwels net sover 'n mens se oog kan speur; grasheuwels waar ook riwwe gaan, met enkele stroompies tussendeur.

Text from Project Gutenberg, public domain.