Dawid se reis na Groenland
Dawid se reis na Groenland vertel die ware verhaal van die jong David Binney Putnam wat as twaalfjarige seun saam met die beroemde poolreisiger kaptein Bob Bartlett aan boord van die skoener „Morrissey” na Noord-Groenland vaar. Wat begin as ’n somertog, word ’n avontuur vol gevaar en ontdekking: hulle vaar deur die Straat van Belle Isle, oorleef ’n skipbreuk in Melville-Baai, en herstel die geskende skip. Saam met Eskimo-vriende soos Matak jag Dawid narwalle, walrusse en ysbere, ontmoet die ontdekkingsreisiger dr. Rasmussen, en versamel eksemplare vir ’n museum. Deur dit alles hou Dawid alles noukeurig met sy potlood by.
Die boek vier die opvoedende waarde van eerstehandse ondervinding bo blote boekgeleerdheid. Dit prys moed, deursettingsvermoë en ’n liefde vir die buitelug, en wil jong lesers besiel om self hul „Ultima Thule” te soek. As eenvoudige, opregte reisverhaal deur ’n kind self geskryf, bly dit ’n aansteeklike viering van die avontuurlustige jeug.
How it begins
Dawid het my versoek om ’n voorwoord te skryf vir sy boek waaraan ek hom die laaste drie maande sien werk het. Gister het ek die manuskrip gelees wat toe net afgetik is van die noukeurig met potlood geskrewe bladsye van die seun. Onder die lees het ek meer as ooit besef hoe gelukkig Dawid was dat hy eers verlede jaar met Oom Will (Dr. Beele) sover as die Galàpagos-Eilande wat op die Ewenaar geleë is, kon saamgaan, en nou weer na Noord-Groenland. Ek moet beken dat ek eers besware gehad het by die gedagte dat so’n jong seun sou saamgaan. Hoewel dit maar net ’n somerreis was, [ VIII ] kan ’n mens tog in die Noordpoolstreek enigiets te wagte wees, en loop mens gedurig gevaar om ’n taamlik slegte tyd te hê—swaar, in alle geval, vir ’n seun. Maar nou dat die ekspediesie sy end nader (en gedeeltelik was dit baie vermoeiend), moet ek erken dat my besware ongegrond was. Dawid is ’n doring wat regtig weet hoe om deur te druk. Elkeen wat sy gawe verhaal lees, sal dit geredelik toegee. Van begin tot end het ek hom goed dopgehou, en hy het uitstekend daarin geslaag om alles—en selfs meer—uit te voer wat enigeen van hom kon verwag. En Dawid is tog nog maar ’n seun.
Text from Project Gutenberg, public domain.