Dingaansdag
Dingaansdag is ’n digbundel van C. Louis Leipoldt wat in 1919 verskyn het en sy naam ontleen aan die gedenkdag van die Slag van Bloedrivier. Die werk maak, soos die digter self erken, geen aanspraak op geskiedkundige juistheid of dramatiese samehang nie; dit is eerder ’n aaneenskakeling van los gedagtes wat uit sy oorpeinsing van die volkstoestande ontstaan het. Vanaf die kragtige „Aanroeping,” waarin die digter sy Moederland Afrika besweer om sy lied te besiel, ontvou ’n reeks verse wat terugkyk op die worsteltyd van sy volk en vooruitskou na wat nog voltooi moet word.
Die bundel is deurspek met temas van vaderlandsliefde, smart, skuld en hoop, en waarsku teen verdeeldheid wat ’n volk se krag verspil. Leipoldt roep op tot eerlikheid—om skuld te erken waar skuld was en eer te gee waar eer toekom. Dit bly betekenisvol as ’n eerlike, besinnende stem oor nasieskap, herinnering en die plig teenoor toekomstige geslagte.
How it begins
Die bundeltjie maak geen aanspraak op geskiedkundige juistheid nie, en net so min op dramatiese samehang. Dit is ’n aaneenskakeling van los gedagtes wat in die oorpeinsing van ons volkstoestande by my ontstaan het, en as sodanig bied ek dit die leser aan. Ek is opregte dank verskuldig aan dr. Malherbe, die redakteur van „Die Brandwag,” vir sy hulp en bystand in die voltooiing van die bundeltjie vir die pers. C. L. L. Pretoria, Desember 1919. BY DIE TWEDE DRUK. Die twede druk verskil aanmerklik van die eerste. Nie alleen is die taal en spelling op ingrypende wyse hersien en in ooreenstemming met die gebruik van vandag gebring nie, maar ook is daar op verskeie plekke toevoeginge en verduidelikinge ingelas. Hier en daar het ek ook versreëls en strofes wat my minder goed voorgekom het, weggelaat. My hartlike dank aan my vrind professor J. J. Smith, wat my baie nuttige wenke gegee het, en wat hom ook belas het met die nasien van die drukproewe. C. L. L. Pretoria, Julie 1925. DIE AANROEPING. O land, my Moederland, my Afrika, Diep smart-verwonde Moeder, steun my stem, En met jou liefde en guns besiel my lied, As ek die diepste diepte wens te peil!
Text from Project Gutenberg, public domain.