BoltRead

Iets oor die Boesmankultuur / 'n Lesing gehou voor die Suid-Afrikaanse Akademie op Stellenbosch, Januarie 1920, en gedruk op las van die Akademie

by Reenen J. Van Reenen

af · ~95 min at 250 WPM

Hierdie boekie is die afdruk van 'n lesing wat Reenen J. van Reenen in Januarie 1920 voor die Suid-Afrikaanse Akademie op Stellenbosch gehou het. Aanvanklik deur die rotskuns van die Boesman geboei, het die skrywer besef dat 'n mens dié kuns slegs ten volle kan waardeer deur die "kultuur" van die volk dieper te bestudeer. Hy dra sy bevindinge as 'n voorlopige verslag oor, geput uit die verspreide aantekeninge van ou reisigers, en behandel onder meer die oorsprong, godsdiens, jag, taal, eiendomsbesef, wetenskap en kunste van die Boesman.

As studie wil die werk veral 'n teegif wees teen die baie onjuisthede en halwe feite wat oor dié ras versprei is. Dit toon die Boesman in 'n nuwe lig en beklemtoon sy vryheidsliefde, dapperheid, eerlikheid en merkwaardige beeldende kuns, wat met dié van die ou Europese grotskilderye vergelyk word. Die belang daarvan lê in die simpatieke, herwaarderende blik op 'n volk wat lank misken en uitgeroei is.

Read this book

How it begins

Die boekie wat nou die wereld ingaan is ’n afdruk van ’n lesing wat ek in Januarie 1920 voor die Suid-Afrikaanse Akademie by hul sitting op Stellenbosch gehou het. Deur hul kuns is my belangstelling in die dwergies eers gewek, en later toe ek besef dat alleen deur ’n dieper studie van hul “kultuur” ’n mens die Boesmankuns ten volle kan waardeer, het ek besluit om die nodige kennis te probeer opdoen. Die studie het vir my die Boesman in ’n heeltemal nuwe lig getoon, en was vir my so interessant dat ek goedgedink het om my ontdekkinge aan die Akademie mee te deel in die hoop dat hulle ook die onderwerp van belang sou vind. Dat my hoop nie ongegrond was nie, word bewys deur die feit dat hul my die eer aangedoen het om die lesing in boekvorm te laat druk. Soos ek in die inleiding sê, is diè lesing maar ’n voorlopige rapport in verband met my studie. Later, as daar genoeg belangstelling getoon word, sal ek miskien ’n meer afgewerkte behandeling van die onderwerp kan uitgee en verder besonderhede oor die beeldende kuns van die Boesman byeenbring. By so ’n molike later uitgawe sal daar ’n geleentheid wees vir volledige aantekeninge in verband met die bibliografie. R. J. v. R. Bloemfontein, Oktober 1920. INHOUD.

Text from Project Gutenberg, public domain.